
Upcoming Events & Performances
We want you to join us this season and guarantee you will have the time of your life at our upcoming shows. Take a glance at our schedule, and be sure to get your tickets soon.

Rocco de Villiers
in konsert
28 Maart - 20:15
Drostdy Teater
Gewilde pianis Rocco de Villiers, vermaak met ou gunstelinge Chariots of fire en Musicbox Dancer. Rocco se eie treffers, Liewe Hemel liewe Aarde, Kortbroek Langkouse, Kla1-kla2-kla3-kla4, een of twee tranetrekkers en natuurlik bietie boeremusiek! Voeg daarby Rocco se sin vir humor, blink pak klere en jy het n warm vertoning. Goed ge-olie en goed geoefen.
Een Rocco
Een Klavier
Een Pak klere
Maar soveel meer…

World Accordion Day
Celebration Concert
4 May - 13:00 ete - 15:00 show
Drostdy Teater
Join us for the Celebration of World Accordion Day in Stellenbosch at the Drostdy Theatre, on 4th May (Sunday). You can expect music from various genres, performed by the top professional accordionists of Cape Town area as well as some young and upcoming accordion students.
Monika Stuchlik from Zamar, Stanislav Angelov, Loren Ehlers, Andre van Vuuren, to mention a few. Our Accordion players will be joined by a few other top professional musicians as well. One performance ONLY! Bring your friends and family for an unforgettable afternoon of beautiful melodies and demonstrations.
Lunch bookings available
Lunch will be served at 13:00

Die Mooiste Blou
6 Junie - 19:00
Drostdy Teater
Petronel Baard en Sarah Theron (Lank & Vurig) bring vir ons hulle eerste vertoningsaam, getiteld, Die Mooiste Blou!
Die twee super-divas sing hulle harte uit oor alles wat blou is. Die see is blou, die bergelê blou, álles is Blou – sekerlik die Blues ook! Met die sukses van hul enkelsnit, “Blou Flamink” belowe hierdie kragduo jou ‘n verbeeldingsvlug sonder heinings, Kom geniet Suid-Afrika se mees uitsonderlike stemme op een verhoog. “Lank & Vurig”gaan jou vertroos, heerlik terg en uitnooi om jou vrye self te wees!

Shaken, not Stirred
Songs from the Silver Screen
2 April - 19:00
Drostdy Teater
Enjoy a concert filled with some of the most memorable music from the silver screen. Vita Wilkens (soprano), Dewald Grobler (baritone), Johan Schlebusch (baritone), Catrien Wentink (piano) and Chanie Jonker (piano) will perform timeless classics specially arranged for three voices and two pianos.
The audience can look forward to classics like the Theme from James Bond, From Russia with Love, If I were a rich man, Don’t cry for me Argentina, Music of the Night, Love changes everything, That’s Amore, Tonight (West Side Story), New York, New York, Bring Him Home and Climb every mountain. The concert is truly unique in that the music is performed in a never before format of an ensemble with two pianos and three voices. The music was specially arranged in the format by Pieter de Bruin.

Marc Eugene Lottering
at the Drostdy Theatre
16 - 17 May - 20:15
Drostdy Teater
MARC EUGENE LOTTERING is Marc Lottering’s newest solo show. In this show Lottering shares personal stories with the audience that he has never shared before. This critically acclaimed show enjoyed sold out seasons in Joburg and Cape Town, with many fans claiming that this is the best Lottering offering yet.
MARC EUGENE LOTTERING is not suitable for children
No under 16

Internet Sensasie
27 September - 20:15
Drostdy Teater
In die regte lewe is Mel die Storieverteller 'n komediant en katliefhebber, maar in 'n ander dimensie - die een binne ons fone - is sy 'n Afrikaanse internetsensasie.
In haar derde stand-up comedy show, Internet Sensasie, verklap Mel UITEINDELIK wat sy rérig dink van hierdie elektroniese oerwoud vol honger leeus, ywerige flaminke en ontaktvolle (sw)ape.
Mel vertel van die tannie langsaan se ongesonde obsessie met TikTok en likes, die een influencer wat haar thrifted broek bo hou met 'n skoenveter en Oom Gert se groot fout op die gemeenskap se Facebook blad. Soos gewoonlik het Mel se stories 'n klomp draaie - jy dink jy is op pad na die eindedan swaai sy skerp links en gooi jou met 'n onverwagse staaltjie oor haar man se nuwe slaaptydbykomstigheid.
Gehoorlede kan interessante stories (snaaks), danspassies (nie so snaaks) en 'n lied of twee (ag, syprobeer) verwag. Daar is plek vir baie lag en spasie om te dink aan jou eie foon maniere. "Mel laat jou tuis voel. Jy WIL luister wat sy sê. En dan lag jy boonop baie." - Margit Meyer-Rödenbeck
"Vars, oorspronklik en vrek snaaks." -Pretoria FM
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl Ouderdomsbeperking:
Geen onder 14’s
Teks: Mel die Storieverteller
Musiek: Peach van Pletzen
Dekor: Imile Wepener
Daar is gehoorinteraksie, net die 'braaf' sit in die voorste twee rye.

Effens Anders
Met Aletta Francina de Kock
4 April - 20:15
Drostdy Teater
Aletta Francina de Kock is nog altyd EFFENS ANDERS...
Aletta se splinternuwe stand-up komedie show, Effens Anders, bied ’n komiese en eerlike blik op haar huidige lewe – met al die snaakse, aweregse en downright bizarre dinge wat daarmee saamkom. Soos altyd bring sy haar skerp humorsin en natuurlike aanvoeling vir storievertelling, en laat jou skater van die lag met haar unieke uitkyk op die wêreld.
Kom lag saam en ontmoet die vrou met die mooiste kuite in die land – want met Aletta is niks ooit heeltemal normaal nie… dit’s altyd Effens Anders!

Ingrid
’n Vlam in die Sneeu
1 Junie - 15:00
Drostdy Teater
‘n Nuwe produksie geïnspireer deur die liefdesbriewe van Jonker en Brink.
Met Lizelle Pike
Regie: Nadia Beukes
Klavier: Chanie Jonker
Ingrid Jonker se woorde brand soos ’n vlam in die koue sneeu van haar tyd—onblusbaar, ongetem, en vol lewe. ’n Vlam in die Sneeu neem jou op ’n reis deur die geheime en ongesensuurde liefdesbriewe van Ingrid en André P. Brink, en weef hul passie, verlange, en hartseer saam met Ingrid se onsterflike poësie.
Hierdie unieke musiek- en toneelproduksie is ’n viering van Ingrid se hart en gees—’n vrou wie se woorde die wêreld getroos het (en steeds doen), selfs al het haar eie hart gebreek. In haar reis het sy ook haar eie donkerte in die gesig gestaar—die stryd teen depressie (nes haar ma), wat haar lewe gekompliseer het maar haar kuns verryk het.
Oorspronklike nuwe musiek omhels haar bekende gedigte uit die digbundel Rook en Oker, sodat elke lied ’n briesie word wat deur jou siel beweeg. Kom beleef haar soeke na liefde, haar stryd na ontvlugting, en die roekelose hoop wat haar vlam helder laat brand het in die koudste van dae.
Creative Team / Cast:
-
Met: Lizelle Pike as Ingrid Jonker
-
Regie: Nadia Beukes,
Tiaan Kirsten-Lubbe & Lian Sachse -
Teks en Nuwe Toonsettings: Jak J Brits
-
Musikale Regie en Klavier: Chanie Jonker
-
Gebasseer op: Vlam in die Sneeu: Die liefdesbriewe tussen Jonker en Brink
Ingrid – ’n Vlam in die Sneeu is ’n herinnering dat woorde en liefde selfs in die kaalste landskappe kan oorleef. Hierdie produksie, deurweef met musiek en poësie, sal jou hart aanraak en jou siel verwarm.
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 90-minute
Ouderdomsbeperking: Geen onder 16s
Genre: Kabaret/Toneel
Vervaardig deur: Scenario Productions in samewerking met Die Centurion Teater, met spesiale vergunning van Penguin Random House Publishing
